Bekende smous vermoor
2006-02-02
’n BEKENDE varsprodukte smous van Groenheuwel, Paarl-Oos, is Maandag in die Tygerberg Hospitaal dood nadat hy Saterdag in Mbekweni met ’n mes aangeval is.
Gerhard Mars is in die vroeë oggendure aangeval toe hy werkers gaan oplaai het.
Terwyl hy en een werker gewag het vir ’n derde persoon het twee mans hom aangeval en met ’n Okapi-mes in die nek gesteek.
Die werker het vir Gerhard in sy bakkie gelaai en na Paarl Hospitaal geneem. Hy het baie bloed verloor nadat sy nekslagaar getref is, en moes ’n bloedoortapping ondergaan.
Die begrafnis is Sondag om 12:00 te Allegrostraat 4, Groenheuwel, en om 13:00 by die Bethel Cong Kerk.
More
News
|