Oud-kaptein sterf
2006-02-09
'n OU bekende in polisiekringe, kapt Pieter Mans, is Donderdag verlede week in sy slaap oorlede.
Hy het 22 dae voor sy 38ste verjaarsdag vermoedelik beswyk aan ’n hartaanval.
Kapt Mans was ’n bekroonde speurder by die SA Narkotiese Buro en tweede in bevel by die Paarltak voor hul ontbinding. Na sy uittrede het hy die privaatsektor betree en as personeelbestuurder gewerk by Vee’s Video tot einde verlede jaar.
Pieter laat sy twee kinders na, Tamara (5) en Luke (10), asook sy moeder, drie susters en vervreemde vrou.
Die begrafnisdiens is vandag 11:00 in die NGK Swartland-Noord op Malmesbury.
More
News
|