Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Pasop vir skelmstreke

Pasop vir skelmstreke
 
2006-02-16


DIE publiek word deur die polisie gemaan om op die uitkyk te wees vir vier jong mans wat besig is met skelmstreke.

Dit wil voorkom asof dié mans onskuldige mense uit duisende rande bedrieg deur ’n R100 of R200 noot op die grond te gooi en hulle van diefstal te beskuldig indien hulle dit optel.

Die mans gee voor dat hulle lede van die polisie is.

Die onskuldige lid van die publiek word gedreig met arrestasie indien hulle nie ’n kontantbedrag oorhandig nie.

In een voorval by die Paarl Mall is ’n vrou op dié manier ingeloop. Sy is na ’n OTM geneem en het onder dwang R3000 aan die mans betaal. Die polisie stel tans ondersoek in.

* ’n Man van Fairyland wat met ’n gesteelde kragopwekker op wiele in Daljosafat gestap het, het rieme neergelê toe hy ’n polisievangwa sien.

Insp Moos Fortuin het besluit om die kalant voor te lê, en hom ingewag toe hy later terugkeer. Edward Suse is op 11 November gearresteer vir besit van gesteelde goedere.

Insp Gavin Lombaard (807-4000) is op soek na die regmatige eienaar.



More News
  • Om die braaivleisvuur met Jan Braai
  • Versoeningsfees met fakkelloop
  • Iets spesiaal vir die beste braai denkbaar
  • Bok-fever strikes Paarl as Rugby kicks off
  • Hoe keer ’n gevangene terug na die gemeenskap?
  • Mr Winelands aangewys
  • Vreugde ná eerlikheid met vol beursie
  • Horses on gentle gallop to recovery
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za