Ongeluk eis tiener
2006-02-16
’n SEUN wat twee weke gelede deur ’n bakkie getref is, is Sondagoggend aan sy beserings dood.
Justin Simonse (14) het glo saam met vriende langs die R44 in Windmeul gedraf op die gruis langs die teeroppervlak, toe ’n bakkie vir Justin getref het.
Justin is per ambulans na Paarl Hospitaal geneem, waarna hy na Tygerberg Hospitaal oorgeplaas is met ernstige kop- en inwendige beserings.
Justin het nooit uit die koma ontwaak nie en hy het Sondagoggend die stryd verloor toe sy niere ingegee het. Justin was ’n graad 7 leerder aan Windmeul Primêr.
Die begrafnis vind plaas op Sondag, 19 Februarie, om 14:00 te VGK Agter-Paarl.
Die motoris, BL van Gooswilligen van Stellenbosch, word aangekla van roekelose bestuur en strafbare manslag.
More
News
|