Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Hond 'n bielie by SA skou

Hond 'n bielie by SA skou
 
2006-02-23


’n BULTERRIëR van die Paarl het onlangs met die gesogte titel Stoethond van Jaar by die SA Bulterriër Kampioenskap weggeslenter.

AJ, ’n wit en bruin bulterriër wat na die Springbok rugbyflank AJ Venter vernoem is, is die hoof-stoetreun van Frans en Wilna Kock se Izighalo Bulterriërs.

’n Hond verwerf dié titel deur die beoordeling van sy afstammelinge se skouprestasies.

Die prestasies van Izighalo Stormer Power, Izighalo Runaround Pete (2005 o.2 jaar SA Kampioen) en Bonwitt Apple Blossom het AJ se reputasie die afgelope jaar in die skou-arena gestand gedoen.

Vanjaar se SA o.2 jaar kampioen is deur ’n hond van teler Glen Julius gewen. Julius het al drie keer van Izighalo se reun, Kriss Kross, se dienste gebruik gemaak.

Die WP Bulterriër Klub hou Saterdag van 10:00 sy jaarlikse “puppy brag” by die Durbanville Sportklub waar sowat 50 klein hondjies hul potensiaal in die skouring sal ten toon stel.

* A Paarl bull terrier has won an award for best stud dog.



More News
  • Om die braaivleisvuur met Jan Braai
  • Versoeningsfees met fakkelloop
  • Iets spesiaal vir die beste braai denkbaar
  • Bok-fever strikes Paarl as Rugby kicks off
  • Hoe keer ’n gevangene terug na die gemeenskap?
  • Mr Winelands aangewys
  • Vreugde ná eerlikheid met vol beursie
  • Horses on gentle gallop to recovery
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za