Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Bekende oorlede

Bekende oorlede
 
2006-03-02


’n BEKENDE in Paarlse gemeenskapsontwikkelingskringe, Shahieda Hendricks (38), is Vrydagaand in Frankfurt, Duitsland oorlede.

Sy het ’n virusinfeksie opgedoen wat tot dubbele longontsteking en nierversaking gelei het. Sy was twee weke in ’n koma in die hospitaal.

Shahieda het aan langdurige artritis gely en die gevolglike gebruik van medikasie het haar weerstand laag.

Shahieda, bedryfsbestuurder by die Ikhwezi gemeenskapsentrum tussen Paarl en Mbekweni, is deur die Cape Craft and Design Institute afgevaardig om ’n handelskou in Duitsland by te woon.

Sy was ook die koördineerder van ’n projek vir Vigs-weeskinders, wat vanuit Ikhwezi bedryf is. Sy was oorleef deur haar man, Drakenstein stadsraadslid Titus Hendricks, en hulle twee seuns, Tariq (7) en Zaid (4).

Die begrafnis was gister en ’n gedenkdiens word vanmiddag om 15:00 in die Mbekweni gemeenskapsaal gehou.



More News
  • Om die braaivleisvuur met Jan Braai
  • Versoeningsfees met fakkelloop
  • Iets spesiaal vir die beste braai denkbaar
  • Bok-fever strikes Paarl as Rugby kicks off
  • Hoe keer ’n gevangene terug na die gemeenskap?
  • Mr Winelands aangewys
  • Vreugde ná eerlikheid met vol beursie
  • Horses on gentle gallop to recovery
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za