Wellingtonner wag vir hart
2005-04-07
’n BEKENDE inwoner van Wellington en ingenieur by Drakenstein Munisipaliteit, die 44-jarige Chris Wust, is op die oomblik in die Christiaan Barnard Hospitaal in Kaapstad waar hy wag op ’n moontlike hartoorplanting.
Sy vrou, Suzan, sê hy was die laaste ruk in en uit die hospitaal weens hartprobleme en nou is die medici besig om sy gestel te probeer opbou vir ’n moontlike oorplanting.
Volgens haar het hy in 1999 hartskade opgedoen, vermoede- lik weens ’n griepvirus.
“Hy was nie toe aktief op sportgebied nie, dit het net gebeur,” vertel sy.
Die afgelope vyf jaar het Chris sy toestand redelik goed beheer met medikasie, maar verlede jaar is daar besluit om ’n pasaangeër in te plant.
“Die pasaangeër het nie die nodige verligting gebring nie en die enigste opsie nou, is ’n oorplanting.”
Suzan is ’n onderwyseres by Hoërskool Gimnasium. Die gesin het ook drie kinders, Lea-Marie (12), Carli (10) en Suzanne (6).
* A Wellington man is waiting for a heart transplant.
More
News
|