Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Munisipaliteit hou weer prystrekking

Munisipaliteit hou weer prystrekking
 
2006-03-16


OP Saterdag 8 April sal getroue rekeningbetalers van die Munisipaliteit Drakenstein weer vir kontantpryse in aanmerking kom.

Die rede vir die prystrekking, vermoedelik die enigste in sy soort in die land, is om inwoners aan te moedig om hul munisipale rekeninge te betaal.

Die voormalige burgemeester, Herman Bailey, het dit verlede jaar soos volg beskryf: “Ons wil mense deel maak van ’n betaalkultuur.

“Om dié rede kry almal, selfs die groep wat om verskillende redes nie al hulle agterstallige betalings kan doen nie, ’n kans om deel van die trekkings te wees.”

Bailey het bygevoeg dat die bedrag waarmee die Drakenstein se skuld maandeliks toeneem, sedert die eerste prystrekking al minder word.

By die eerste trekking op 14 Desember, het Rowena Joemat van Wellington ’n motor van R100 000 gewen, bloot omdat sy haar munisipale rekening gereeld betaal het.

In totaal het die munisipaliteit R157 000 aan pryse uitbetaal.

Dié keer gaan die prysgeld R107 000 beloop. Daar sal weer aan die einde van die jaar ’n motor weggegee word.

In die trekking op 8 April by die Paarl Mall sal diegene met uitstaande, agterstallige dienstegeld, maar wat nou gereeld hulle maandelikse rekenings vereffen, vir kleiner pryse in aanmerking kom.

Dit sluit in ’n eerste prys van R2500, ’n tweede prys wat R1500 beloop, ’n derde prys ter waarde van R1000, ’n vierde prys van R500 en ’n vyfde prys waar 15 verbruikers elk R100 se gratis
elektrisiteitskoepons sal ontvang.

Verbruikers wie se diensterekenings ten volle opbetaal is, sal in aanmerking kom vir ’n eerste prys van R50 000, ’n tweede prys van R25 000, ’n derde prys van R13 000, ’n vierde prys van R8000 en ’n vyfde prys van R4000.

Net soos met verlede jaar se trekking sal ’n onafhanklike ouditeursfirma, die hele proses monitor en administreer sodat dit deursigtig sal wees.

Dieselfde reëls wat verlede jaar gegeld het, is steeds van toepassing. Amptenare en raadslede sal glad nie vir pryse in aanmerking kom nie.

* Residents of Drakenstein who pay their accounts are in line for another big prize draw next month.



More News
  • Om die braaivleisvuur met Jan Braai
  • Versoeningsfees met fakkelloop
  • Iets spesiaal vir die beste braai denkbaar
  • Bok-fever strikes Paarl as Rugby kicks off
  • Hoe keer ’n gevangene terug na die gemeenskap?
  • Mr Winelands aangewys
  • Vreugde ná eerlikheid met vol beursie
  • Horses on gentle gallop to recovery
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za