Student sterf
2006-03-16
’n BELOWENDE student van Boland Kollege Paarl, Darius Coetzee (21), is Sondag in die Paarl Medi-Clinic oorlede aan breinkanker.
Darius, 'n student in Menslike Hulpbronbestuur en studenteraadslid van die kollege, het aan die einde van verlede jaar vasgestel dat hy ’n breintumor het, waarvoor hy toe behandel is.
Sy toestand het verlede week versleg, en hy is na ’n operasie oorlede.
Hy word oorleef deur sy ouers, Lazarus en Rina van Drakenstein Korrektiewe Dienste, ’n broer Werner en ’n suster Alicia.
More
News
|