Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Wellingtonners vereer vir diens

Wellingtonners vereer vir diens
 
2006-04-12


NEGE Wellingtonners - onder wie 'n oorlogsveteraan, 'n skoenmaker en 'n politikus of twee - is met oorkondes vereer vir hul diens aan die plaaslike gemeenskap tydens die tweejaarlikse Merieteaand van die Wellington Rapportryers.

Hulle is Ansie van Vuuren, Wallace Rodgers, Francois en Dalena Malan, Giel Malherbe, Henry Slamet, Johann von Wielligh, Suzaan Fabricius en dr Tertius Schneider.

* Suzanne Fabricius doen meer as haar deel in ide Vroue-Aksie, kerkraad en met fondsinsameling vir hulpbehoewendes en sopkombuise.

* Francois Malan, Boer van die Jaar in 1968, was vir 31 jaar direkteur van die Wellington Wynboere, 20 daarvan as voorsitter. Hy was ‘n dekade lan voorsitter van die Wellington Boerevereniging en was betrokke by die Buurtwag, belastingbetalersvereniging, Boland Skoukomitee, Waterraad en onderwysinstellings.

Sy vrou Dalena was aktief op sendinggebied, met bejaardesorg, VLV en ACVV. In haar dienstydperk as voorsitter van Silwerkruin is die tehuis se gebou en woonstelle opgerig en is die siekeboeg vergroot.

* Oud-parlementariër Giel Malherbe het van 1981 tot 1994 die Wellington kiesafdeling verteenwoordig (die kiesafdeling het sedertdien verval).

Hy was instrumenteel in die stryd in die tagtigerjare om die destydse Wellingtonse Onderwyskollege op die dorp te hou, toe daar sprake was dat dit ten koste van die Onderwyskollege Paarl sou moes toemaak.

* Na sy dienstydperk in die Tweede Wêreldoorlog het Wallace Rodgers in 1948 die eerste Kompanie van die Jeugbrigade in Wellington gestig.

Hy was tot ‘n jaar gelede, toe hy as majoor moes uittree weens ernstige gesondheidsprobleme, onafgebroke betrokke by die talle kompanies van die Jeugbrigade.

Daarby beklee Rodgers die rang van kommissaris in die SA Rooikruis, en was hy lank betrokke by die noodhulptakke wat hy by drie plaaslike skole gestig het.

* Dr Tertius Schneider het in 1951 die eerste veeartsenypraktyk op Wellington begin, wat later die plaaslike Dierehospitaal geword het, en later as staatsveearts begin werk. In 1981 het hy ‘n

Navorsingstoekenning ontvang vir die beste wetenskaplike artikel, gebaseer op sy oplossing van die sogenaamde raaigras-episode.

Hy bedryf sedert sy aftrede in 1998 Dinsdae ‘n vrywillige dieresorgkliniek vir die inwoners van Carterville, Weltevrede en Vanwyksvlei.

* Henry Slamet se skoenwinkel het al ‘n legende geword, en staan nog op dieselfde plek as 54 jaar gelede toe hy die bedryf as werknemer betree het. Dit is die enigste besigheid uit daardie vervloë tyd wat nog in Fonteinstraat oor is.

Slamet, ‘n aktiewe kerkraadslid van die VGK, was In 1990 hy stigterslid van die Alfa-mannekoor

* Ansie van Vuuren staan sedert 1997 aan die spits van die plaaslike museum en word beskryf as baie meer as bloot net ‘n kurator.

Sy het die Wellington Museum omskep in ‘n lewendige kultuursentrum met aktiwiteite soos kunsuitstallings

* Johann von Wielligh, wat tydens die afgelope munisipale verkiesings weer as raadslid verkies is, is vereer vir sy waardevolle en wyse skakelwerk tussen inwoners en derdevlak-regering.

Hy is daarbenewens ook ywerig betrokke by onder meer die Wellington Verfraaiingskomitee, die Wellington Museum Trusteeraad, die Paarlse Hospitaalraad en die Wellington Estetiese Komitee.

Hy het ook in verskeie kerkrade en onderwysbesture gedien.



More News
  • Om die braaivleisvuur met Jan Braai
  • Versoeningsfees met fakkelloop
  • Iets spesiaal vir die beste braai denkbaar
  • Bok-fever strikes Paarl as Rugby kicks off
  • Hoe keer ’n gevangene terug na die gemeenskap?
  • Mr Winelands aangewys
  • Vreugde ná eerlikheid met vol beursie
  • Horses on gentle gallop to recovery
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za