Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Opvoeders na VSA konferensie

Opvoeders na VSA konferensie
 
2006-04-26


VROEG in Julie-maand vertrek nege plaaslike onderwysers na ’n opvoedkundige kongres in die VSA.

Hulle is Mirinthia Maasdorp van Noorder-Paarl Hoërskool, Maureen Hendricks, Winston Forbes en Brendalene Johannes van Rondeheuwel Primęr in Hermon, Hilton Bailey en Heinrich Appollis van St Albans Primęr in Wellington, Sally Meyer van Pauw Gedenk Primęre Skool in Wellington, Kalvin Whittles van Weltevrede Sekondęr en opvoedkundige konsultant Mitchell Messina.

Hulle maak deel uit van ’n groep van 32 opvoeders uit die Boland, Weskus en Namakwaland, na die Glasser Kwaliteitskool Internasionale Konferensie in New York gaan. Hulle sal ook intensiewe opleiding van vyf dae in Keuseteorie, Realiteitsterapie en Leiersbestuur aan die inrigting ontvang.

Psigiater dr William Glasser het węreldbekendheid verwerf met sy Realiteitsterapie en het al meer as 20 opvoedkundige boeke geskryf. Bekendstes hiervan is “The Quality School”, “Schools without Failure”, “Choice Theory” en “Every Student Can Succeed”. Hy is die stigterslid van die Glasser Kwaliteitskool Instituut in die VSA waar meer as 60 000 persone reeds opgelei is as Glasser Kwaliteitskool-leerkragte.

Die idee van ’n eie Suid-Afrikaanse Kwaliteitskool Stigting het by voormalige WKOD-kringbestuurder Mitchell Messina, ontstaan. Nadat hy verskeie boeke van Glasser gelees het, het hy die waarde van sy idees vir plaaslike skole besef.

Na verede opleiding het Messina begin om Glasser se teorie en idees in ses skole (St Albans Primęr, Laerskool Saldanha, Laerskool Noord-Eind, Rondeheuwel Primęr, Laerskool Courtrai en Groendal Sekondęr) te “toets”. Onverwagse suksesse is reeds aangeteken en veral die dissiplinęre probleme binne hierdie skole het begin verminder.

Op 21 Oktober is die South African Quality School Foundation (SAQSF) in Caledon gestig. Opvoeders van Malmesbury, Paarl, Wellington, Worcester, Stellenbosch en Caledon was teenwoordig by hierdie geskiedkundige geleentheid.

Die visie van hierdie stigting is om aan die hand van die Glasser- en ander modelle (soos Deming se Total Quality Management), kwaliteitskole in Suid-Afrika te vestig.

Die rol van SAQSF sal wees om skole so te bemagtig en te ondersteun dat hulle self verantwoordelikheid kan neem vir die verbetering van die onderrig en leer.

Hulpmiddels sluit in die gebruik van Keuseteorie wat leerders in staat stel om groter verantwoordelikheid vir hul eie leer en lewe te begin neem, wat dissiplinęre probleme in skole verminder.

Die groep onderneem ook om ’n Kwaliteitskoolnetwerk in Suid-Afrika op die been te bring waar beste praktyk en uitdagings op ’n gereelde grondslag gedeel en bespreek kan word.

Keuseteorie word deur die SAQSF as die fondament vir verbetering van onderwys en leer in Suid-Afrika gesien. Dit vereis dat nie net opvoeders nie, maar ook ouers en leerders in Keuseteorie onderrig word.

Die SAQSF is van mening dat Glasser se teorie opvoeders in staat sal stel om vertrouensverhoudinge met al hul leerders te vorm. ’n Verhouding wat gebou is op omgee, wedersydse respek en vertroue tussen leerkrag en leerder behoort veral die “hoë risiko-leerders” te help om in die skool aan te bly en te presteer.

Op die oomblik maak hierdie “hoë risiko-leerders” deel uit van die 5% tot 10% “drop-out”-statistiek van kinders wat jaarliks skole verlaat.
Deur ontslae te raak van die sewe “dodelike gewoontes” (kritiseer, blameer, kla, kerm, dreig, straf, beloon om te beheer) wat enige verhouding verongeluk, sal leerders in staat gestel word om sukses binne die skool te begin ervaar.

Die belangrikste faktor in die vestiging en volhoubaarheid van kwaliteit in skole is die kwaliteit van leierskap. Die Paarl/Wellington-groep beoog om met hul terugkeer hul ervaring en nuutverworwe kennis terug te ploeg deur met ander te deel en in hul eie skole te implimenteer.

Hulle sien die basiese intensiewe week opleiding en bywoning van die New York Kwaliteitskoolkonferensie as ’n hoogtepunt in hul onderwysloopbaan.

* Local teachers are to attend a conference in New York.



More News
  • Om die braaivleisvuur met Jan Braai
  • Versoeningsfees met fakkelloop
  • Iets spesiaal vir die beste braai denkbaar
  • Bok-fever strikes Paarl as Rugby kicks off
  • Hoe keer ’n gevangene terug na die gemeenskap?
  • Mr Winelands aangewys
  • Vreugde ná eerlikheid met vol beursie
  • Horses on gentle gallop to recovery
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za