Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Billy Kerwan lê tuig neer

Billy Kerwan lê tuig neer
 
2006-04-26


’n BEKENDE Paarlse sakeman, Billy Kerwan (60) tree vandeesmaand uit na sewe jaar by McCarthy Toyota Paarl. Kerwan was voorheen 26 jaar verbonde aan Spilo as finansiële direkteur, en was daarna ook drie jaar by Courtrai Auto.

Hy het gematrikuleer aan Hoër Jongenskool en was as sakeman baie aktief in die gemeenskap. Hy was onder meer betrokke by die Paarlse Sakekamer, skoolbestuursrade, HJS se oudstudente-unie, kerkraadslid, polisieforum en Rotariërs.

Hy dien ook as lt-kolonel en bevelvoerder van 1 Opsporingsregiment SAA vir 13 jaar en ontvang die John Chard Medalje in 1977, die Aanprysingsmedalje in 1979, Medalje vir Getroue Diens asook die Suiderkruis Medalje in 1985.

Billy was sowat ’n jaar gelede net buite Hermanus in ’n kop-aan- kop-botsing betrokke. Tans herstel hy van ’n rugoperasie wat verband hou met die ongeluk en is met siekteverlof.



More News
  • Om die braaivleisvuur met Jan Braai
  • Versoeningsfees met fakkelloop
  • Iets spesiaal vir die beste braai denkbaar
  • Bok-fever strikes Paarl as Rugby kicks off
  • Hoe keer ’n gevangene terug na die gemeenskap?
  • Mr Winelands aangewys
  • Vreugde ná eerlikheid met vol beursie
  • Horses on gentle gallop to recovery
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za