Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Wat beteken Vryheidsdag vir jou?

Wat beteken Vryheidsdag vir jou?
 
2006-04-26


OP 27 April vier ons nog ‘n jaar van etniese diversiteit in Suid-Afrika.
Vryheidsdag herdenk die eerste demokratiese verkiesing in Suid-Afrika en die einde van Apartheid, maar is alle Suid-Afrikaners hiervan bewus of is dit maar net nog ‘n vakansiedag?

Voel inwoners van die Paarlvallei dat hul in die Nuwe Suid-Afrika waarlik vry is? Weet hulle waarom ons in die eerste plek Vryheidsdag vier?

“Ek het geen idee nie,” sê Jos Basson. “Nee, dit is vir my maar net ‘n verskoning om nie skool toe te gaan nie.”

Toe hy gevra is of hy voel dat hy vryheid het in sy lewe het hy geantwoord: “Wel, die parlement beheer ongeveer 5% van my lewe.

Omtrent 90% word deur my ouers beheer, nog ‘n 4% deur my onderwysers.

“Die laaste 1% van vryheid wat ek het is gereserveer vir my musiek en my kitaar. Ek dink al vryheid wat ek werklik het, is vryheid van spraak.”

“Ek weet nie waarom ons Vryheidsdag vier nie,” sê Rika van den Berg, skaam.

Sy is egter vinnig om uit te wys dat sy baie respek het vir Nelson Mandela en trots is om ‘n Suid-Afrikaner te wees.

“Ek dink die regering en media maak te veel ophef van dae soos Vryheidsdag en ek dink hulle moet liewer dae soos Goeie Vrydag, wat in my oë meer betekenis het, beter adverteer.”

Noah Marinus meen die jong mense van vandag weet niks van Vryheidsdag af nie.

“Hulle weet nie eers wat dit beteken nie.
Vryheidsdag is vir hom net ‘n hartseer herinnering aan hoe stief die lewe hom behandel het.

“Ek het in ‘n fabriek gewerk vir 37 jaar lank en was onderdruk gedurende die apartheidsjare. Vandag is die apartheid iets van die verlede, maar dit voel asof dinge net vererger het.

“Ek voel seergemaak oor hoe die minderbevoorregtes behandel word. Ons bly arm terwyl die rykes nog ryker word. Ministers steel geld en hul stamgenote word voorgetrek. Ek is ontevrede; Vryheidsdag beteken niks vir my nie.”

Meads de Witt is ontevrede oor die vele publieke vakansiedae omdat haar besigheid geld verloor.

“Dit beïnvloed die ekonomie, want dit is sleg vir besigheid. Vryheidsdag beteken absoluut niks vir my nie.”

‘n Slaghuiswerker, Connie, sê sy gee net om vir Kersdag, Paasfees en haar eie verjaarsdag. “Vryheidsdag is net ‘n dag waarop ons geld verloor.”

Brandweerman Stefan de Ridder moet vir 24 uur werk op Vryheidsdag en voel “dis net ‘n gemors van tyd”.

Madelynn Titus, werknemer van ‘n klerewinkel, sê sy voel vere vir Vryheidsdag.

“Dis Vryheidsdag, maar daar’s nooit vrede nie,” sug sy.

Sonja Karstel, areabestuurders van dieselfde winkelgroep, meen die land het nou al soveel vakansiedae “ons kan nie byhou nie.”

“Dis net nog ‘n vakansiedag,” fluister sy terwyl sy probeer aandag skenk aan haar kliënte.

Anneline Patricia Marlow trek skouers op: “Ek weet glad nie van vryheidsdag af nie. Ek is maar net ‘n skoonmaker wat werk wanneer ek benodig word,” sê sy met ‘n skaam glimlag.

Bianca Julies meen Vryheidsdag is veronderstel om ‘n dag te wees wanneer die mense van die land saam hul vryheid gedenk, “maar eintlik meng ons mense nie veel nie.”

Winkelassistent Shuanita Adams meen ook Vryheidsdag raak haar nie huis nie.

“Ek stel nie eintlik in politiek en sulke goed belang nie.”

Maar vir Joseph Mpwana van Mbekweni het die dag wel ‘n baie spesiale betekenis.

“Vryheidsdag beteken meer vir my as ek wat ek uitdruk. Dit herinner my aan die gevalle helde wat in die Stryd gesterf het. Ek vier ons dag!” sê hy trots.

Ook vir Nicolene Galant is dit ‘n dag waarop ‘n mens terugdink en jou vryheid vier.

“Wat ons mense deurgemaak het om te verseker dat ons die vryheid het om ons uit te leef sonder vrees vir onderdrukking, is beslis die viering daarvan werd.”

* Local residents are divided over the significance of Freedom Day.



More News
  • Om die braaivleisvuur met Jan Braai
  • Versoeningsfees met fakkelloop
  • Iets spesiaal vir die beste braai denkbaar
  • Bok-fever strikes Paarl as Rugby kicks off
  • Hoe keer ’n gevangene terug na die gemeenskap?
  • Mr Winelands aangewys
  • Vreugde ná eerlikheid met vol beursie
  • Horses on gentle gallop to recovery
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za