Petrus Bosman sterf
2006-05-04
WELLINGTON het Saterdag ’n leierfiguur in die gemeenskap verloor met die skielike sterfte van Petrus Bosman, boer van Lelienfontein.
Gesond tot die laaste minuut, het ’n aneurisme sy lewe drie weke ná sy 81ste verjaardag beëindig.
As stigterslid van die Kwekersvereniging, Wamakersvallei Wynkelder, in vroeër jare onder andere lid van die NG kerkraad en Besproeiingsraad, het hy wysheid met waardigheid in die gemeenskap ingeploeg.
As weldoener aan vele in die wyer gemeenskap, sal sy bydrae gemis word.
Hy word oorleef deur sy vrou Anelma, ses kinders, hul eggenote en 17 kleinkinders, die agste geslag op die familieplaas in die Bovlei.
’n Gedenkdiens word Sondagmiddag om 15:00 in die NG Moederkerk Wellington gehou.
More
News
|