Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


‘Pa en ma’ groet

‘Pa en ma’ groet
 
2006-05-11


DIT was ’n emosionele dag toe Nick en Bessie le Roux moes groet by die Haven nagskuiling in die Paarl.

Die Le Roux's was sowat elf jaar betrokke by die skuiling, vandat dit geopen het - Nick as die bestuurder en Bessie as toesighouer.

Bessie, ’n nooi Floris, is ’n gebore Paarliet wat op 21-jarige ouderdom haar groot liefde in Durban ontmoet het.

Nick het as sjef vir Safmarine gewerk en die twee het 21 jaar in Natal gewoon, voordat die Paarlse roepstem vir Bessie te sterk geraak het.

In 1975 trek hulle Paarl toe en Nick begin ’n skrynwerkersonderneming.

Toe open die Haven en hulle doen aansoek as toesighouerspaar.
Vir hulle was dit meer as net ’n werk: “Ons is lief vir die mense, hulle is soos familie.”

En deur die jare het hulle platgeslane mense gesien: dokters, bankbestuurders, prokureurs, mense van alle soorte en uit alle vlakke van die samelewing het daar skuiling kom soek.

“Waar ons vandag staan, is tot groot mate te dank aan die Le Roux's se toewyding en ywer,” het Hassan Khan, besturende direkteur van die Haven Night Shel

“Paarl het gehelp om die organisasie te vorm tot waar dit vandag is: kleiner eenhede waar mense se waardigheid herstel kan word en hulle gehelp kan word om weer in die gemeenskap opgeneem te word.”

Nick en Bessie gaan nou by hul kinders in die Paarl woon. Bessie sê sy wil ’n bietjie rus en die kleinkinders geniet, maar Nick se rustelose geaardheid het gemaak dat hy reeds weer ’n werk gekry het.

Hy gaan ’n ogie hou by hul kinders se boumaatskappy, iets waarvan hy ’n magdom kennis opgedoen het tydens die aanbouings by die Haven.

“Ons het baie herinneringe,” sê Bessie. “Die mense was vir ons nie net inwoners nie, hulle was familie, deel van jou, jou huishouding, jou bestaan. Hulle raak jou, verander jou lewensbeskouing.”



More News
  • Om die braaivleisvuur met Jan Braai
  • Versoeningsfees met fakkelloop
  • Iets spesiaal vir die beste braai denkbaar
  • Bok-fever strikes Paarl as Rugby kicks off
  • Hoe keer ’n gevangene terug na die gemeenskap?
  • Mr Winelands aangewys
  • Vreugde ná eerlikheid met vol beursie
  • Horses on gentle gallop to recovery
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za