Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Vreugde vir kinders

Vreugde vir kinders
 
2006-05-18


DAAR was groot feestelikheid by die Rainbow Educare Sentrum in Sunmaidweg, Daljosafat, toe ’n splinternuwe klimraam daar afgelewer is.

Dit is geskenk deur die Departement Studente-Aangeleentheid van Cape Peninsula University of Technology (CPUT) in Kaapstad.

Die kinders, hul ouers en onderwysers was verras toe die studente-span ook dringend benodigde opvoedkundige voorraad aan die sentrum oorhandig het.

Alles van skryfbehoeftes, legkaarte en speelgoed tot opvoedkundige plakkate van sowat R5 000, is deur Anette Grobler, Studenteverteenwoordiger, aan die skooltjie oorhandig.

Grobler, in samewerking met CPUT, werk al meer as tien jaar aan ge-meenskapbouprojekte soos hierdie.

Sentrumhoof Catherine du Plessis kan nouliks haar blydskap beteuel. Sy sê sy en haar personeel is baie bly vir die skenkings en CPUT se betrokkenheid en het haar dank en waardering teenoor die hoof van CPUT studente-aangeleenthede, dr Piet van der Byl Louw, betuig. Sy het ook al die ander rolspelers bedank.



More News
  • Om die braaivleisvuur met Jan Braai
  • Versoeningsfees met fakkelloop
  • Iets spesiaal vir die beste braai denkbaar
  • Bok-fever strikes Paarl as Rugby kicks off
  • Hoe keer ’n gevangene terug na die gemeenskap?
  • Mr Winelands aangewys
  • Vreugde ná eerlikheid met vol beursie
  • Horses on gentle gallop to recovery
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za