Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Polisie soek familie

Polisie soek familie
 
2006-05-25


DIE polisie wil graag in aanraking kom met die familie van ’n bosslaper wat dood in die Paarl Arboretum aangetref is.

Die ontbinde liggaam van ’n vyf-en-dertig-jarige man wat net bekend was as Tikkie, is in Februarie tussen die bosse aan die oewer van die Bergrivier gevind.

Diegene wat hom geken het, kan insp Auckland Losper skakel by 807-4000.

* Daar word ook gesoek na ’n man wat die polisie wil ondervra in verband met die moord op ’n hawelose man by die nagskuiling.

Die voorval het op 12 Augustus 2004 by die Haven nagskuiling plaasgevind, toe Colin Morgan met ’n mes doodgesteek is.

Die polisie sal graag Isak Smit (25) wil ondervra wat tydens die aanval by die nagskuiling gebly het, en wat ná die voorval spoorloos verdwyn het.

Insp Losper kan ook in verband met dié saak gekontak word.



More News
  • Om die braaivleisvuur met Jan Braai
  • Versoeningsfees met fakkelloop
  • Iets spesiaal vir die beste braai denkbaar
  • Bok-fever strikes Paarl as Rugby kicks off
  • Hoe keer ’n gevangene terug na die gemeenskap?
  • Mr Winelands aangewys
  • Vreugde ná eerlikheid met vol beursie
  • Horses on gentle gallop to recovery
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za