Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Museum vereer Frans Malan

Museum vereer Frans Malan
 
2006-05-25

Engela Duvenage

’n HULDEBLYK aan wyle Frans Malan, die eerste kurator van die Wellington Museum, sal deel uitmaak van die algemene jaarvergadering van die museum wat op 8 Junie gehou word.

Malan het van 1977 tot 1992 leiding geneem in die totstandkoming en uitbouing van die museum.

’n Plaket tot sy eer sal ook by die geleentheid onthul word. Hy is in 2000 oorlede.

Die unieke versameling wat vandag in die gebou besigtig kan word, is reeds van die begindae van die museum byeengebring, grootliks danksy sy insette.

Hy het ’n ongelooflike kennis van Wellington en sy geskiedenis gehad.

Die geskiedenis en die bewaring daarvan was ook die motief wat hom besiel het om vir etlike jare diens aan die museum te lewer.

Hy was ook een van die eerste lede van die Wellingtonse Estetiese Komitee wat gehelp het om die historiese dorpskern te bewaar.

Die jaarvergadering vind plaas op Donderdag 8 Junie om 19:00.
Die geleentheidspreker is kultuurhistorikus dr Hans Fransen, wat sal gesels oor die dorpe van die Kaap.

’n Nuwe museumbestuur sal ook ten tyde van die vergadering gekies word.

Verversings sal na afloop van die verrigtinge bedien word.

Diegene wat dit wil bywoon, kan Isadene Pienaar kontak voor 2 Junie by 873-4873 of 082-953-2322.



More News
  • Om die braaivleisvuur met Jan Braai
  • Versoeningsfees met fakkelloop
  • Iets spesiaal vir die beste braai denkbaar
  • Bok-fever strikes Paarl as Rugby kicks off
  • Hoe keer ’n gevangene terug na die gemeenskap?
  • Mr Winelands aangewys
  • Vreugde ná eerlikheid met vol beursie
  • Horses on gentle gallop to recovery
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za