Driejarige kind brand dood
2006-06-01
DRIE mense, onder wie ’n driejarige seuntjie, is die afgelope naweek in huisbrande dood.
Die driejarige Waldo Meyer het Saterdagaand in ’n spoorweghuis in Gouda geslaap, saam met Moos Brown en sy vyfjarige seun, Milton Meyer.
Moos het wakker geword van die rook en het vir Milton gegryp en buitentoe gehardloop.
Teen die tyd dat hy weer die huis wou binnegaan om vir Waldo te haal, was die vlamme te erg. Hy het die vlamme probeer blus, maar dit het nie gehelp nie.
In Pniel het ’n brand in die plakkerskamp langs die begraafplaas uitgebreek.
Drie hokke is verwoes en Lena van Rooyen (40) en Edwin Jacobs (36) is in hul huis doodgebrand.
’n Woordvoerder van die brandweer het die publiek gemaan om uiters versigtig te wees wanneer hulle met enige verhittings- of elektriese toestelle werk.
Hy het ook gewaarsku dat vure slegs in beheerde gebiede gemaak moet word, en dan ook weg van geboue af.
“Moet nooit ’n vuur binne-in ’n huis sonder ’n kaggel maak nie, en wees versigtig met die brand van kerse en lampe.
* Three people died in fires during the past weekend, including a three-year-old boy.
More
News
|