Martin Ferreira oorlede
2006-06-08
’n BEKENDE oud-onderwyser en fotograaf op Franschhoek, Martin Ferreira (91), is Dinsdag ter ruste gelê. As jarelange korrespondent van die Paarl Post, was sy naam en foto’s deur die hele Vallei bekend.
Hy was byna 20 jaar lank as onderwyser by die Hoërskool Franschhoek betrokke.
Ná sy aftrede het hy hom besig gehou met nuusberigte, fotografie en veral foto’s vir identiteitsdokumente, houtwerk en die restourasie van meubels.
Terwyl sy eggenote Willa, reeds vroeër in die Fleur de Lis aftree-oord opgeneem is, kon Ferreira tot ’n maand gelede, toe hy geval en ’n been gebreek het, in hul woning in Vanwijkstraat aanbly. Sedertdien is hy ook in die aftree-oord versorg.
Ferreira word oorleef deur sy vrou, kinders Paul en Doret en drie kleinkinders.
More
News
|