Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Sophia Kotze ter ruste

Sophia Kotze ter ruste
 
2006-06-08


OP Hemelvaart-oggend het Sophia Kotzé (93), bekende Paarliet, die lewe gelaat.

Sy laat ’n groot nagedagtenis agter, van belangstelling in familiesake, wat sy geboekstaaf het, en die dokumentasie van Paarl se geskiedenis vir die Paarlse Heemkring.

Die afgelope 13 jaar was sy ’n inwoner van Huis Vergenoegd, die laaste tien maande in die hoësorg-eenheid, waar sy in die woorde van haar kinders “haar swaarkry as nog ’n ervaring op haar lewensreis ervaar het”.

Sophia sal altyd onthou word vir haar voorbeeld van “uithou en aanhou”. Dié wat agterbly, put krag uit haar lewensvreugde.

Die De Hoop steenwerke op Daljosafat is sedert 1948 in die besit van die Kotzé familie en sy was op haar dag besturende direkteur van die onderneming.

Sy was betrokke by die Paarlse teaterklub en die Paarl museum, die Huis Vergenoegd leeskring en die Alliance Francaise.

Sy het op 60 jaar Frans geleer, op 48-
jarige ouderdom as au-pair gewerk in Frankryk en op 80-jarige ouderdom op ’n olifant se rug gery in Indië en is toe met ’n kano oor rivierstroomversnellings.

Kort voor haar dood het sy haar Bybel in Latyn bestudeer.
Sophia is by haar Enslin-voorgeslagte van Wellington, in die Strooidakkerk begraafplaas ter ruste gelê.



More News
  • Om die braaivleisvuur met Jan Braai
  • Versoeningsfees met fakkelloop
  • Iets spesiaal vir die beste braai denkbaar
  • Bok-fever strikes Paarl as Rugby kicks off
  • Hoe keer ’n gevangene terug na die gemeenskap?
  • Mr Winelands aangewys
  • Vreugde ná eerlikheid met vol beursie
  • Horses on gentle gallop to recovery
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za