Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Onderwysers kry opleiding

Onderwysers kry opleiding
 
2006-06-15


Kaapse Onderwysdepartement (WKOD) kry in Junie vanjaar intensiewe spesialisopleiding in die nuwe leerstof wat vir die vak Fisiese Wetenskappe voorgeskryf is vir graad 10 tot 12 leerders.

Dit gebeur danksy ’n nuutontwerpte kursus wat deur die Instituut vir Wiskunde en Wetenskaponderwys van die Universiteit Stellenbosch (IWWOUS) aangebied word.

Al die kurrikulumadviseurs in Fisiese Wetenskappe in die Verdere Onderwys- en Ontwikkelingsfase sal die kursus, wat in Kuilsrivier aangebied word, bywoon.

Nuwe leerstof in al ses die kennisgebiede, naamlik Meganika, Golwe, Klank & Lig, Elektrisiteit & Magnetisme, Materie & Materiale, Chemiese Veranderinge asook Chemiese Sisteme, sal gedek word.

Drie sleutelonderwysers uit elk van die Wes-Kaap se Onderwysbestuur- en Ontwikkelingsentrums (OBOS) sal saam met die kurrikulumadviseurs opgelei word.

’n Kursus in Biodiversiteit wat deel vorm van die kurrikulum in Lewenswetenskappe sal in die Julie-vakansie deur IWWOUS, in samewerking met die Sentrum vir Indringerbiologie van die Universiteit Stellenbosch se Fakulteit Natuurwetenskappe, op agt verskillende plekke in die platteland en in die Kaapse metropool aangebied word.

Vir meer inligting, kan Erika Hoffman geskakel word by 808-3482.



More News
  • Om die braaivleisvuur met Jan Braai
  • Versoeningsfees met fakkelloop
  • Iets spesiaal vir die beste braai denkbaar
  • Bok-fever strikes Paarl as Rugby kicks off
  • Hoe keer ’n gevangene terug na die gemeenskap?
  • Mr Winelands aangewys
  • Vreugde ná eerlikheid met vol beursie
  • Horses on gentle gallop to recovery
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za