Jong Wellingtonner ernstig
2006-06-22
’n JONG man van Wellington is gelukkig om te lewe, nadat ’n motor in sy voertuig vasgejaag het, terwyl hy besig was om ’n pap wiel om te ruil.
Pieter du Plessis (19), van Dorisrylaan, het Sondagoggend om 02:30 ’n pap wiel gekry op die R44 naby Wellington.
Hy het sy motor op die skouer van die pad getrek en was besig om die wiel om te ruil, toe ’n motor van agter in sy voertuig vasgejaag het.
Pieter het ernstige hoofbeserings opgedoen en ’n vriendin, Loreth Lourens, wat in die motor was, het ligte beserings opgedoen.
Die bestuurder van die ander voertuig, Ashley Cortereal, het gesigbeserings opgedoen.
Pieter verkeer tans in ’n ernstige maar bevredigende toestand in die intensiewe eenheid van Paarl Medi-Clinic, nadat hy Maandag ’n operasie vir sy beserings ondergaan het.
Pieter het verlede jaar gematrikuleer aan Paarl Gimnasium, waar hy in krieket uitgeblink het.
Daar word tans ’n klag van roekelose bestuur teen Cortereal ondersoek.
More
News
|