Skoolhoof se vrou oorlede
2006-06-22
’n BEKENDE in onderwyskringe in die Paarl, Elize Lourens, is Vrydag in Paarl MediClinic oorlede weens 'n virusinfeksie.
Sy was die eggenote van Pieter Lourens, skoolhoof van William Lloyd Laerskool.
Elize het in 1998, ná 33 jaar in die onderwys by plaaslike skole, as departementshoof (grondslagfase) afgetree by Orleansvale.
Sy het ’n groot passie vir sport gehad en was self ’n kranige netbalspeler en nou betrokke by atletiek
Sedert sy pakket geneem het, was sy baie betrokke by Church of the Ascension, waar sy voorsitter was van die komitee wat die kerk se 150ste bestaansvieringe reël.
Sy word oorleef deur haar man, vyf kinders (Kirby, Cindy, Wade, Zoe en Simone), asook drie kleinkinders (Cole, Kylie en Chloe).
Die begrafnis is môre om 10:00 by die huis en 11:00 in die Church of the Ascension.
More
News
|