Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Weduwee van sendeling besoek Boland

Weduwee van sendeling besoek Boland
 
2006-07-06


“DRIE bobbejane sit op die krane...” is die woorde van ‘n snuiter voor ‘n mikrofoon wat jou bereik, terwyl jy in ‘n see van kindergesiggies sien wat die jolighede geniet by Magnolia Primêr.

En dan terwyl die warm wintersonnetjie op jou neerbak, verskyn ‘n vrou by die mikrofoon en “rap” ‘n geestelike liedjie.

Dís die Amerikaner Laura Taylor, wat met haar hele familie hier is om hulle liefde met Suid-Afrikaanse kinders te deel, al is die familie self besig om hul eie trane af te vee.

Laura se man, Tylon, is die pastoor wat verlede jaar oorlede is nadat ‘n rots op hom geval het in in die berge naby Ceres. Hy was besig met sendingwerk in die Boland toe hy in die berge gaan klim het saam met ‘n groep kollegas.

Nou is Laura, haar vier seuns en 21 lede van hul familie hier vir die skoolvakansie, om te sien waar haar man sendingwerk gedoen en gesterf het.

Met ‘n vinnige blik oor die kinders wat oral staan, vertel sy hoekom sy juis hier by Magnolia Primêr is: “They need hope and encouragement,” is die eenvoudige verduideliking wat jy kry van die enkelouer wat steeds meer besorgd is oor ander se omstandighede as haar eie.

Haar jongste seun, Sammy, het sy dertiende verjaarsdag hier gevier op 27 Junie.

Toe sy haar seuns bymekaar maak vir ‘n foto, moes die seuns hulself behoorlik losskeur van hul nuutgevonde vriende wat smag na hul aandag.

Dis onnodig om hul te vra om vir die kamera te glimlag, want dit doen hulle nog die hele oggend terwyl hulle luister na hoe die kinders sing.

En binne ‘n oogwink is hul vriende dan ook aan hul sy, op hul skouers en skote, want die kans om op ‘n foto saam te wees kan hulle nie deur hul vingers laat glip nie.

Wat meer is, Laura en haar mense kom almal volgende jaar terug.
Met haar swaer, Mark Taylor, loop Laura om die kinders te bedank vir die dag se sangvertonings waartydens elkeen ‘n ster in die kleine was.

* The widow of an American missionary who died in the Boland mountains last year, has paid a visit to the area where he served.



More News
  • Om die braaivleisvuur met Jan Braai
  • Versoeningsfees met fakkelloop
  • Iets spesiaal vir die beste braai denkbaar
  • Bok-fever strikes Paarl as Rugby kicks off
  • Hoe keer ’n gevangene terug na die gemeenskap?
  • Mr Winelands aangewys
  • Vreugde ná eerlikheid met vol beursie
  • Horses on gentle gallop to recovery
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za