Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Reserviste vir Wellington

Reserviste vir Wellington
 
2006-07-13


WELLINGTON polisiestasie is besig met ’n werwingsveltog vir reserviste om vrywillige diens in die gemeenskap te lewer.

Kandidate moet in besit wees van ’n matrieksertifikaat, mag geen kriminele rekord hê en nie ouer as 18 wees nie. Persone met ’n bestuurslisensie sal voorkeur geniet. Sekuriteitsbeamptes kan nie aansoek doen nie.

Alle kandidate gaan blootgestel word aan psigometriese toetse en indien aanvaar, sal die reservis ná opleiding die status hê van ’n permanente lid, maar sonder betaling.

Dienste sal eers in die aanklagkantoor verrig word en later, na voltooing van opleiding, sal dienste ook buite gedoen word.
Ope dae vir voornemende reserviste is Woensdae 12, 19 en 26 Julie, van 08:00 tot 15:00, by die Wellington polisiestasie.

Navrae by insp Stephen Moore 873-2913.



More News
  • Om die braaivleisvuur met Jan Braai
  • Versoeningsfees met fakkelloop
  • Iets spesiaal vir die beste braai denkbaar
  • Bok-fever strikes Paarl as Rugby kicks off
  • Hoe keer ’n gevangene terug na die gemeenskap?
  • Mr Winelands aangewys
  • Vreugde ná eerlikheid met vol beursie
  • Horses on gentle gallop to recovery
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za