Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Noodligte vir kinderhuis

Noodligte vir kinderhuis
 
2006-07-13


DIE Andrew Murray-kinderhuis in Wellington het 12 noodligte van die sekuriteitsmaatskappy ADT ontvang.

Danksy hierdie skenking sal die kinderhuis dié winter nie in duisternis gehul wees ten tye van kragonderbrekings nie.

Dolf Etsebeth, hoof van die Andrew Murray-kinderhuis, het gesê dat die ligte ’n groot hulp sal wees met kragonderbrekings.

“Die noodligte word deurentyd gelaai terwyl die krag aan is, met die gevolg dat hulle ses ure lank kan werk wanneer die kragtoevoer onderbreek word.

“Wat die meeste gesinne as ’n noodsaaklikheid beskou, soos nagliggies vir hulle kinders, is vir ons kinders ’n luukse.”

Hy het bygevoeg dat hulle as liefdadigheidsorganisasie op die gemeenskap staatmaak om hulle te help met hul wenslys en dat ADT beslis gehelp het om van hul jonger kinders veilig te laat voel in die donker!

“ADT het 12 ligte geskenk, een vir elke huis by die Andrew Murray-kinderhuis. Ons is ook dankbaar vir die sporthanddoeke wat hulle aan ons geskenk het.”

Adelia Bossenger, ADT Sekuriteit se Boland-Streekbestuurder in Paarl, het gesê die Andrew Murray-kinderhuis geniet wye erkenning as gerespekteerde voogde van die kinders.

“Ons is dankbaar dat ons so ’n toegewyde span kon help.”
Die Andrew Murray-kinderhuis sien om na hawelose, kwesbare of misbruikte kinders. Spesiale sorg word voorsien aan kinders met MIV/vigs en Fetale Alkoholsindroom. Dis in die middedorp geleë en is ’n belangrike rolspeler in kinderbeskerming en -welvaart. "



More News
  • Om die braaivleisvuur met Jan Braai
  • Versoeningsfees met fakkelloop
  • Iets spesiaal vir die beste braai denkbaar
  • Bok-fever strikes Paarl as Rugby kicks off
  • Hoe keer ’n gevangene terug na die gemeenskap?
  • Mr Winelands aangewys
  • Vreugde ná eerlikheid met vol beursie
  • Horses on gentle gallop to recovery
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za