Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Oud-Wellingtonner skitter

Oud-Wellingtonner skitter
 
2006-07-13


OUD-WELLINGTONNER Noel Smit, Departementshoof by Laerskool Postdene in Postmasburg, is onlangs vereer vir ondernemendheid in die onderwys.

Hy is deur die Premier van die Noord-Kaap, Depuo Pieters, aangewys as beste jeugontwikkelingsbeampte in Noord-Kaapse onderwys en het prysgeld van R10 000 ontvang.

Hy was reeds in 2004 eerste finalis in die Nasionale Onderwyserstoekennings vir beste onderwyser in primêre skole landswyd.

Smit is ‘n oud-Wellingtonner wat sy onderwysersopleiding in 1992 by die destydse Onderwyskollege Athlone in die Paarl voltooi het en ook aan Hewat studeer het.

Sy ouers, Daniel en Gerty, oorspronklik van Pniel, is steeds woonagtig op Wellington.

Hy is deur die skoolbestuur aangewys as heelskoolontwikkelingsbeampte wat die verantwoordelikheid het om alle gebreke hetsy fisies, kurrikulêr of akademies van aard by die skool aan te spreek.

Hy is verder na ure betrokke by Bybelklasse vir die jeug en die aanbieding van geestelike dansklasse by sy kerk.

Hy het die afgelope jare volgehou met deeltydse studie in die onderwys en beskik oor ‘n honneursgraad in Opleiding en Ontwikkeling asook verskeie rekenaarkwalifikasies.

Hy is tans vyfde jaar LLB-regstudent aan UNISA en werk gratis as prokureursklerk by ‘n plaaslike Regspraktyk in Postmasburg gedurende skoolvakansies.

Hy is getroud met Sabina, ‘n Chemiese Analis by Assmang-myn in Beeshoek. Die egpaar het twee kinders.



More News
  • Om die braaivleisvuur met Jan Braai
  • Versoeningsfees met fakkelloop
  • Iets spesiaal vir die beste braai denkbaar
  • Bok-fever strikes Paarl as Rugby kicks off
  • Hoe keer ’n gevangene terug na die gemeenskap?
  • Mr Winelands aangewys
  • Vreugde ná eerlikheid met vol beursie
  • Horses on gentle gallop to recovery
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za