Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Polis bring meer pyn as voordeel

Polis bring meer pyn as voordeel
 
2006-07-27


DIE polis wat ’n Paarlse vrou agt jaar gelede uitgeneem het in geval van borskanker, is toe niks werd toe sy dit nodig kry nie.

In 1998 het ’n konsultant van Channel Lewens (toe Anchor Lewens) dié “vroue-polis” bemark.

Van toe af het Susie Spies (48), soos honderde ander vroue in die Paarl, elke maand die premie betaal.

Verlede jaar is borskanker by haar gediagnoseer. Op 27 Desember het professor Justus Apffelstaedt van Tygerberg Hospitaal haar linkerbors verwyder en is daar op die chirurg se aanbeveling met rekonstruksie begin.

Susie het die eisvorms ingestuur, en die bestuurder van kliëntediens van Channel Life het reageer: “Mrs Spies was diagnosed with ductal carcinoma in situ which means that in a part of the breast the cells linking the milk ducts are cancerous.

“If DCIS is left untreated, it may, over a period of years, begin to spread into the breast tissue surrounding the ducts. Although DCIS should be treated to prevent it developing into an invasive breast cancer, it is not harmful at this stage.”

Hierdie vroeë vorm van kanker word nie gedek deur die polis nie.

Ook die versoek aan die ombudsman was onsuksesvol, met die bevinding: “Die party is slegs geregtig op dít waarvoor die polis voorsiening maak.”

Susie sê: “Toe ek die term borskanker gehoor het, het ek gedink dis waarvoor ek verseker is. Watter leek sal nou weet wat sulke terme soos ‘buiskarnisoom in situ’ beteken?

“Ek kon mos nie jare lank wag totdat die kanker tot in die weefsel versprei het nie.

“Dit gee die indruk dat die eis net uitbetaal sou word ná die polishouer se dood aan kanker, en niks mag voorkomend gedoen word nie.”

Vir Susie was die polis ’n agterdeur in nood, maar, sê sy, wat van die baie vroue wat geensins sonder die uitbetaling kan klaarkom nie?

“In hierdie omstandighede, met die skok van die woord ‘kwaadaardig’, die daaropvolgende trauma en die pyn van die operasie, het ’n mens alle moontlike ondersteuning nodig.

“Borskanker raak alles in jou lewe, ook jou huwelik. As jy die aand aan die slaap raak, as jy wakker word. ’n Masektomie is nie soos ’n histerektomie wat toegroei nie. Jy is altyd bewus daarvan.

“En die laaste wat jy nodig het, is die nuus dat jy al die jare aan ’n polis betaal het wat vir jou niks gaan beteken nie.”

* Check the fineprint on your insurance policy, a victim of breast cancer urges.



More News
  • Om die braaivleisvuur met Jan Braai
  • Versoeningsfees met fakkelloop
  • Iets spesiaal vir die beste braai denkbaar
  • Bok-fever strikes Paarl as Rugby kicks off
  • Hoe keer ’n gevangene terug na die gemeenskap?
  • Mr Winelands aangewys
  • Vreugde ná eerlikheid met vol beursie
  • Horses on gentle gallop to recovery
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za