Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


My motor, of jou motor, nee, óns motor

My motor, of jou motor, nee, óns motor
 
2006-07-27


’n MAN het byna agter tralies beland ná ’n ramparty by Jeff’s Pub in Jan van Riebeeckweg, Paarl, toe hy aangesien is vir ’n motordief.

Tydens die makietie het twee mans besluit om die vieringe te verlaat en die pad na Franschhoek te vat om verder geselskap te gaan soek.

Met hul aankoms in Franschhoek is hulle deur die polisie van die pad afgetrek, en die bestuurder is in hegtenis geneem vir motordiefstal.

Hy het volgehou dat die voertuig sy eie is, maar toe hy in die straatlig die kleur van die motor sien, besef hy dat die kleur aansienlik verskil van sy eie motor s’n.

Dit was toe ’n sirkus van flaters, want voor Jeff’s Pub het twee identiese Mazda 323 motors gestaan - die een maroen en die ander donkerblou.

In die swak lig, en moontlik met die hulp van ’n paar doppe brandewyn, kon hy nie tussen die twee voertuie onderskei nie.

Toe sy sleutel pas, het hy aangeneem dat dit sy motor was.

Later die aand, toe die ander Mazda-eienaar besluit dat dit tyd was om huis toe te gaan en hy sien nie sy motor nie, het hy sy voertuig as gesteel aangemeld.

Die hele deurmekaarspul is opgelos sonder dat iemand agter tralies beland het.



More News
  • Om die braaivleisvuur met Jan Braai
  • Versoeningsfees met fakkelloop
  • Iets spesiaal vir die beste braai denkbaar
  • Bok-fever strikes Paarl as Rugby kicks off
  • Hoe keer ’n gevangene terug na die gemeenskap?
  • Mr Winelands aangewys
  • Vreugde ná eerlikheid met vol beursie
  • Horses on gentle gallop to recovery
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za