Storieman oorlede
2006-07-27
’n BEKENDE oud-Paarliet, Louis Nortjé (71), is verlede week in die Optenhosp Verpleeginrigting oorlede, ná ’n beroerte en ’n ernstige siekbed.
Die begrafnisdiens was verlede Saterdag op Gansbaai.
Nortjé, afgetrede posmeester van Huguenot, was wyd bekend as storieverteller en is in 1988 aangewys as die land se baasverteller.
Hy het in verskeie TV-programme soos Spies & Plessis en Goeie Môre Suid-Afrika opgetree.
Verskeie tonele vir TV-programme is ook by hulle huis in Pieter Wiumstraat in Noorder-Paarl geskiet.
Sy laaste onderhoud was op 9 Februarie 2004 met Fanus Rautenbach en sy omroeperseun, Wimpie, op Radio KC in die Paarl. Nortjé wat in 1991 afgetree het, het in sy dienstyd by 137 poskantore landwyd gewerk.
Hy en sy vrou, Tossie, het op Gansbaai gaan aftree, waar hy sy liefde vir die see uitgeleef het.
Hulle het drie seuns, Francois, Wimpie en Louis junior, asook ses kleinkinders.
More
News
|