Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Op Martha se spoor

Op Martha se spoor
 
2006-08-03


SPESIAAL vir Vrouedag op 9 Augustus word ‘n begeleide toer deur Wellington beplan in die voetspore van Martha Solomons, die gravin van Stamford.

Sy is natuurlik die hoofkarakter in die Wellingtonse skryfster Winnie Rust se bekroonde geskiedkundige roman, “Martha - ‘n verhaal oor Martha Solomons, Countess of Stamford”.

Die boek het buitengewone belangstelling in sekere plaaslike geskiedkundige plekke en gebeurtenisse waarna daar in die teks verwys word, ontlok.

“Mense vra gereeld waar die White House geleë was, of daar werklik Wederdopers was en of dit waar is dat Jan Groenewoud soos Elia van Hexbergkoppie wou opvaar,” vertel Winnie, wat ook as gids sal optree op die toer.

Dit begin om 10:00 in die Wellington Museum, waar foto’s gewys en agtergrond gegee sal word.

Daarna word die terrein van die White House by Huis Murray, die Hexberg-roete, die Bovlei Sendingkerk, Bovlei, Welvanpas en die terrein waarop Martha se huisie gestaan het, besoek.

Die toer kos R20, met verversings wat op eie koste by De Oude Wellington geniet kan word. Die opbrengs is ten bate van die Wellington Museum.

Die Martha-toer sal ook deel vorm van letterkundige John Kannemeyer se dagtoer op 25 November, wat vanjaar op Wellington sal fokus.

Vir meer inligting en besprekings, kontak Ansie van Vuuren van die Wellington Museum by 873-4710.



More News
  • Om die braaivleisvuur met Jan Braai
  • Versoeningsfees met fakkelloop
  • Iets spesiaal vir die beste braai denkbaar
  • Bok-fever strikes Paarl as Rugby kicks off
  • Hoe keer ’n gevangene terug na die gemeenskap?
  • Mr Winelands aangewys
  • Vreugde ná eerlikheid met vol beursie
  • Horses on gentle gallop to recovery
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za