Geen teken van kind se lyk
2006-08-17
DIT is nou meer as ’n maand sedert die tragiese verdrinking van Bellique Benjamin (6) in die Bergrivier naby Wellington, en daar is steeds geen teken van haar liggaam nie.
Bellique het Maandag 10 Julie saam met haar boetie, Virgil (10), langs die rivier gespeel, toe sy in die water geval en onder die water verdwyn het.
Dit is die laaste keer dat Bellique gesien is.
’n Intensiewe soektog is deur die polisie na haar liggaam geloods, en hul duikers het verskeie kere die rivier in dié gebied gefynkam, maar sonder enige teken van Bellique.
Roseline Manissa, Bellique se ouma by wie die Benjamins woon, het gesê dat hulle nie vrede kan kry met die wete dat haar liggaam iewerste in die donker waters versteek lê nie.
“Ons kan glad nie rus nie. Bellique se ma, Caroline, gaan gereeld na die oewer van die Bergrivier en staar na die water,” het Roseline gesê.
“Ons sal nie kan rus totdat sy gevind word en ons vir haar ’n Christelike begrafnis kan gee nie.”
* The body of a girl who drowned in the Berg River a month ago, has not yet been found.
More
News
|