Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Sendingfees op Wellington

Sendingfees op Wellington
 
2006-08-17


DIE Wellington Sendingfees vir alle gemeentes vind plaas die naweek van Sondag 27 tot Woensdag 30 Augustus by die NGK Wellington-Oos in Cummingsstraat.

Die hoofspreker is ds Fanie le Roux, leraar van die gemeente Kloofendal in Roodepoort. Hy is betrokke by World Thrust, ’n organisasie wat gemeentes mobiliseer vir sending.

Sondagoggend het elke gemeente sy eie sendingdiens, met in die NG Moedergemeente om 09:30 ’n diens oor die tema die opdrag van ’n gemeente, getiteld “Wat sal my Pa sê?”

Van Sondagaand is die feesdienste in die Wellington-Oos gemeente.

Dit skop af met die plig van ’n gemeente, getiteld “Armoede en ander reuse” deur die sendeling Esther van Wijk uit die Midde-Ooste.

Maandagaand om 19:00 by die NGK Wellington-Oos handel dit oor die liefde van ’n gemeente, “Wat was die preek?”, met die sendelinge van Miqlat.

Dinsdagaand om 19:00 in die NGK Wellington-Oos bespreek die sendeling Edmund O’Ehley van Amos Agrimin die krag van ’n gemeente in “Saam is ons beter”.

Woensdagaand om 19:00 in die Wellington-Oos kerk word die prioriteite van ’n gemeente behandel in “Om die regte ding te doen”.

Tydens die byeenkomste is daar terselfdertyd ’n spesiale program vir die laerskoolkinders in die Kinderkerk-lokaal.

Die kinders gaan op ’n “reis na China” en sal elke aand die ervarings van sendelinge ondervind, Chinese kos met eetstokkies geniet, Chinese tee drink en ’n egte Chinees ontmoet.

In die loop van die week word blootstellingstoere gereël.

Woensdagaand sal belangstellendes toegerus word om iewers ’n verskil te kan maak.

Elke aand is daar ’n vrywillige kollekte by die deure om die koste te dek. Daar is ook boekverkope en uitstallings in die kerksaal, tesame met gratis tee.



More News
  • Om die braaivleisvuur met Jan Braai
  • Versoeningsfees met fakkelloop
  • Iets spesiaal vir die beste braai denkbaar
  • Bok-fever strikes Paarl as Rugby kicks off
  • Hoe keer ’n gevangene terug na die gemeenskap?
  • Mr Winelands aangewys
  • Vreugde ná eerlikheid met vol beursie
  • Horses on gentle gallop to recovery
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za