Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Op 100 tuis in haar huis

Op 100 tuis in haar huis
 
2006-08-17


VANDAG is Minnie van der Merwe (100) in die siekeboeg van Silwerkruin, maar destyds, met die ingebruikneming van dié tehuis vir bejaardes in Wellington, was sy een van die raakvatters.

Met die viering van haar 100ste verjaarsdag verlede week, het haar familie en vriende die baie staaltjies uit haar lewe onthou.

Haar pa, Hendrik Ehlers, was die laaste professionele wamaker op Wellington.

Saam met haar man, Schalk van der Merwe, het hulle jare lank ’n algemene handelaar bedryf aan Malherbestraat, op grond waar nou geboue van die Universiteit van Tegnologie staan.

Twintig jaar gelede het Minnie as weduwee in die tehuis ingetrek, die inrigting waarvoor sy as aktiewe lid van die ACVV jare lank gewoeker het.

Haar dogter Wilma onthou nog hoe haar ma meters op meters gordyne geknip en op haar Singer draai-naaimasjientjie gestik het - en hoe sy moes help draai as Minnie se draai-arm lam geword het.

Op 95 het sy nog aan ’n pretloop deelgeneem, en wou nie rus toe Wilma dit aanbeveel het nie. Sy bly nie agter nie, het sy verontwaardig laat hoor.

Twee jaar later het sy geval en was sy nooit weer mobiel nie.

Benewens Wilna Kirsten van Wellington, het Minnie nog twee dogters - Mala van Huyssteen van Wittedrift en Réne Burger van Ceres. Daar is sewe kleinkinders en twaalf agterkleinkinders.



More News
  • Om die braaivleisvuur met Jan Braai
  • Versoeningsfees met fakkelloop
  • Iets spesiaal vir die beste braai denkbaar
  • Bok-fever strikes Paarl as Rugby kicks off
  • Hoe keer ’n gevangene terug na die gemeenskap?
  • Mr Winelands aangewys
  • Vreugde ná eerlikheid met vol beursie
  • Horses on gentle gallop to recovery
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za