Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Gemeenskap moeg van dwelms

Gemeenskap moeg van dwelms
 
2006-08-24


WELLINGTON is moeg van dwelms, en vroeër vandeesmaand het 350 mense aan ‘n optog teen dwelms deelgeneem.

Plakkate het gelees: Tik maak ons kinders dood, Dwelms vernietig families, Drugdealers must stop en Give hugs not drugs.

Die optog het gespruit uit pleidooie deur die gemeenskap, kinders en ouers tot die Gemeenskapspolisiëringsforum dat iets daadwerklik gedoen moet word ten opsigte van die dwelm-euwel.

“Weerlose kinders word ingetrek in die web van die dwelmbase. Ouers staan magteloos,” het JC Williams, forumvoorsitter, gesê.
“‘n Ouer het vertel hoe haar dogter in graad elf Vrydagmiddae die huis verlaat en eers weer Maandagoggende terugkom.

Hartseerverhale word vertel deur ouers wie se kinders in die Tik-web verval.”

“Ons as gemeenskap moet die polisie sterk deur inligting aan hulle deur te gee. Om een of ander rede is die publiek bereid om die booswigte/dwelmbase te beskerm.

“Met die verset-optog het ons ons misnoë te kenne gegee.

Organisasies, leerders van verskillende skole met plakkate en kerke het deelgeneem.

“Ons is opreg bekommerd oor jong kinders se lewens wat verwoes en op die spel geplaas word.

“Ons paradeer nie meer net doelloos deur die strate nie, ons fokus nou op spesifieke strate waar die euwel van die kwaad broei.”

Volgens Williams is daar in sommige strate in Wellington tot vyf huise waar Tik vrylik beskikbaar is en is dit veral meisies en seuns tussen 9 en 16 jaar wat verswelg word.

“Ons het dus nou ‘n paar strate geïdentifiseer en die gemeenskap ingelig. Ons wil ‘n ernstige beroep op die gemeenskap doen om volgehoue druk te plaas op dié ‘hot spots’ deur die polisie op hoogte te hou van dwelmsmokkelaars se bedrywighede.”

Die volgende vergadering van die Gemeenskapspolisiëringsforum is Donderdag 31 Augustus om 19:30 te Klaasenstraat (pastoor Eben Mouries se kerk).



More News
  • Om die braaivleisvuur met Jan Braai
  • Versoeningsfees met fakkelloop
  • Iets spesiaal vir die beste braai denkbaar
  • Bok-fever strikes Paarl as Rugby kicks off
  • Hoe keer ’n gevangene terug na die gemeenskap?
  • Mr Winelands aangewys
  • Vreugde ná eerlikheid met vol beursie
  • Horses on gentle gallop to recovery
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za