Jock de Villiers oorlede
2006-08-31
’n BEKENDE Paarliet, Jock de Villiers (80), is Sondag in die siekeboeg van die Rusoord ouetehuis dood.
Hy was die afgelope drie jaar daar woonagtig nadat sy gesondheid begin agteruitgaan het.
De Villiers was veral bekend vir sy winkel met tweedehandse en antieke meubels in Hoofstraat, Noorder-Paarl. Die winkel is omstreeks 1842 deur sy oupa JP Retief begin as ’n negosiewinkel. Dit het sowat vyf jaar gelede gesluit nadat De Villiers die grond verkoop het.
Hy was vroeër jare baie aktief in die Paarlse gemeenskap as sakeman, voorsitter van die Kamer van Koophandel en stigterlid van die Lions en plaaslike tak van die Stigting Simon van der Stel.
Hy was ook ’n kenner van antieke meubels en versamelaar van antieke ware soos Kaapse silwer en Kaapse glas.
Die begrafnisdiens is môre om 15:00 in die United Church in Auretstraat, met ’n private verassing.
Hy word oorleef deur sy vrou Yulaine, kinders Merle King (woonagtig in Engeland), Jacques van die Paarl en Gillian Sieni van Somerset-Wes en vier kleinkinders, asook ’n broer, Frank, van die Paarl.
More
News
|