Goeie nuus na leukemie
2006-09-07
DIT gaan beter met Hanneke Malan, die Wellingtonse boervrou wat onlangs ’n beenmurgoorplanting gehad het.
Hanneke (42) het verlede jaar siek geword en is met leukemie gediagnoseer. ’n Stryd om haar lewe en ’n soektog na ’n geskikte beenmurgskenker is op tou gesit.
Verlede maand is ’n skenker in Duitsland gevind, die enigste uit meer as 60 000 skenkers op die internasionale beenmurgregister.
Hanneke se eie beenmurg is met chemoterapie vernietig en sy is voorberei op die oorplanting op 12 Augustus. Verlede week kon sy terugkeer huis toe ná die behandeling.
“Ek was bitter siek en swak ná die behandeling, maar net dae ná die oorplanting het ’n bloedtoets getoon dat dit suksesvol was,” het ’n dankbare Hanneke gesê.
Sy moet nou uiters versigtig wees vir infeksie en sal nog lank middels moet gebruik om verwerping te keer.
Haar hartsbegeerte, om soveel skenkers moontlik op die beenmurgregister te kry om toekomstige slagoffers van leukemie te help, is vervul.
Honderde skenkers het gehoor gegee aan ’n oproep, en tydens ’n oggend op Wellington bloed geskenk aan beamptes van die Sunflower Foundation, wat betrokke is by hulp aan bloedsiektelyers.
* A Wellington mother is recuperating after a bone marrow transplant.
More
News
|