Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Honde lewe lekkerder

Honde lewe lekkerder
 
2006-09-07


DIE honde by die hokke van die Dierebeskermingsvereniging op Wellington lewe al lekkerder.

Dis nou die diere wat in die eerste vyf hokke bly wat al met fondse deur skenkings opgeknap is.

Vir die ander is daar darem ook ’n lekkerte. Elke dag word die honde vir ’n uur lank op ’n grasperk oefening gegee.

Daar is selfs ’n kerkjeuggroep uit Stellenberg wat vakansiedae en naweke met die honde kom speel en die werf by die DBV-hokke teen Wellington se Nywerheidspark help skoonmaak.

Daar is ’n jong Husky reun wat by ’n supermark in Noorder-Paarl verdwaal gekry is en ’n ouer teefhond wat deur sy eienaar in Mbekweni na die DBV gebring is omdat sy haar baas, ’n vertraagde seun, teen raserige kuiergaste beskerm het.

Daar word ook huise gesoek vir ses jong hondjies wat saam met hul ma van ’n plaas gered is waar sy in die modder aan ’n kort ketting vasgemaak was.

’n Sharpei reun wie se eienaars geskei is, en nou sonder heenkome is, treur na ’n goeie gesin.

Om fondse in te samel om die ander hokke ook op te gradeer, woeker lede van die DVB met verkopings van pannekoeke, worsrolletjies en lotings.

“Kom kyk watter verskil maak die mooi hokke aan die diere, en kyk hoe gelukkig is hulle as mense by hulle kuier,” het Lorraine Williams hierdie week genooi.

Die DBV het 50 kaartjies wat hulle vir die Trilaterale Konsert, met drie mannekore, Saterdagaand in die Strooidakkerksaal in die Paarl, vir fondse verkoop.

Toegang is R35 (kinders R15). Kaartjies is te kry by Colleen (864-3726) of Lorraine (083-226-0565) van die DBV.

* Wellington’s SPCA is pulling out all the stops to give dogs and cats a better life.



More News
  • Om die braaivleisvuur met Jan Braai
  • Versoeningsfees met fakkelloop
  • Iets spesiaal vir die beste braai denkbaar
  • Bok-fever strikes Paarl as Rugby kicks off
  • Hoe keer ’n gevangene terug na die gemeenskap?
  • Mr Winelands aangewys
  • Vreugde ná eerlikheid met vol beursie
  • Horses on gentle gallop to recovery
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za