Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Pa opgesluit na moord

Pa opgesluit na moord
 
2006-09-07


DIE pa wat sy driejarige dogtertjie op ’n Wellingtonse plaas keel-af gensy het, is deur die hof na ’n gestig vir versteurdes verwys.

Willem Mouwers (36) het in 2003 vir Willmaree met ’n kapmes vermoor op die plaas Landau. Daarna het hy ’n Bybel by haar lykie gelaat, oop by die teks waar Abraham sy seun geoffer het.

Die moordenaar, wat as ’n voorbeeldige tuinier beskryf is, het volgens getuienis “verander” nadat hy dienste by die Lede van Christus-kerk bygewoon het.

Hy het glo paranoïes opgetree, begin klanke hoor en gesigte sien.

Die dag van die moord het hy sy dogtertjie by die bewaarskool op die plaas gaan haal.

By sy werkershuis het hy haar “soos met ’n offerande keel-af gesny,” is in die hof getuig, en haar lykie onder die bed ingedruk.

“Ek moenie vir Willem verwyt nie,” het sy vrou Eva destyds gesê.

“Hy was baie lief vir ons kind, en sy vir hom, maar hy was die afgelope dae nie die Willem wat ek geken het nie. Dit lyk asof die duiwel in hom gekom het.”

Mouwers is deur sielkundiges geëvalueer, en daar is bevind dat hy onbevoeg is om verhoor te word.

Hy is verlede week uit die Pollsmoor gevangenis, waar hy verhoorafwagtend was, op bevel van regter John Hlope na die Valkenburg Hospitaal oorgeplaas.



More News
  • Om die braaivleisvuur met Jan Braai
  • Versoeningsfees met fakkelloop
  • Iets spesiaal vir die beste braai denkbaar
  • Bok-fever strikes Paarl as Rugby kicks off
  • Hoe keer ’n gevangene terug na die gemeenskap?
  • Mr Winelands aangewys
  • Vreugde ná eerlikheid met vol beursie
  • Horses on gentle gallop to recovery
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za