Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Riana kry kultuurprys

Riana kry kultuurprys
 
2006-09-07


DIE Wellingtonse skrywer Riana Scheepers is een van vier Suid-Afrikaners wat Saterdag vir hul besonderse bydrae op kultuurgebied vereer is deur die Rapportryerbeweging (RRB).

Die formele toekenningsgeleentheid, wat gehou is op die wynlandgoed Welbedacht van Schalk Burger, het saamgeval met die tweejaarlikse Landsberaad van die RRB.

Hennie de Wet, die voormalige besturende direkteur van die FAK, het die RRB se hoogste toekenning, die Presidentstoekenning, daar ontvang.

Scheepers het die Erepenning van die Rapportryers saam met Weg-tydskrif redakteur Bun Booyens, Afrikaanse sanger Randall Wicomb en sakeman Jacob de Villiers ontvang.

Sy het met haar stories oor die huishulp “Katriena” daarin geslaag om ‘n mooi deel van die Afrikaanse taal (die “Kombuistaal” soos wat sy dit stel) aan haar lesers bekend te stel.

Die RRB het Scheepers geprys vir haar sukses om verhoudings met ander bevolkingsgroepe en kulture in harmonie met mekaar te bevorder.

In haar eie woorde is “‘n storie soms baie meer werd as ‘n politieke toespraak”.

Haar nuutste projek, die kortverhaalbundel “Die melkweg het ‘n ster laat val”, is ‘n lywige 420-bladsy boek waarin sy saam met Nicci Thabo die plaasstories van meer as ‘n honderd bekende en nuwe skrywers saamvat.

Baie van hulle is ongeletterde of halfgeskoolde plaaswerkers wie se verhale oorvertel word.



More News
  • Om die braaivleisvuur met Jan Braai
  • Versoeningsfees met fakkelloop
  • Iets spesiaal vir die beste braai denkbaar
  • Bok-fever strikes Paarl as Rugby kicks off
  • Hoe keer ’n gevangene terug na die gemeenskap?
  • Mr Winelands aangewys
  • Vreugde ná eerlikheid met vol beursie
  • Horses on gentle gallop to recovery
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za