Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Boonzaaier was lief vir Ouma/Granny's House

Boonzaaier was lief vir Ouma/Granny's House
 
2006-09-14


DIE Gregoire-hoekie in Ouma Granny’s-Huis in Fonteinstraat Wellington lok gereeld groot belangstelling by besoekers.

Dit sluit in ‘n Viktoriaanse “Sampler” wat hy op 2 Januarie 1996 aan Ouma Granny geskenk het.

Verder verskyn daar ook ‘n afskrif van ‘n selfportret in blou en groen met ‘n brief aan Joyce Hoogenhout waarin hy van die portret vertel.

Mense weet dalk nie dat Gregoire ‘n baie besonderse liefde vir Wellington en veral die Bovlei gehad het nie, waar hy destyds van sy mooiste landelike olieverfskilderye geskilder het.

Hy het self in die vroeë 1940’s op Kannettefontein in die Bovlei gebly.
In Oktober 1962 skryf hy aan die Hoogenhout egpaar op Optenhorst, “My exhibition in Johannesburg broke all previous records.

“I sold my most expensive canvas to date `Vanaf die Bovlei Wellington’ for R315. Everybody was so thrilled with the Wellington canvases - so my Wellington canvases really brought me luck.”

Hierdie grootse skilder, wat in April 2005 oorlede is, het nooit sy verbintenis met die Hoogenhouts en in latere jare veral met Joyce verbreek nie.

Hy’t altyd groot belangstelling en ondersteuning getoon vir Ouma Granny en sy mense.

In 2000 skryf hy aan Joyce Hoogenhout, “Enclosed find the photo print of the latest portrait completed just a few days before my 91st birthday. In the painting I have portrayed myself exactly as I am - warts and all!!

“What I like about this study is that it is painted in a very simple manner without any tricks or secrets. I hope you find me as I really am in this sketch in “blue and green” for I can do no better.”

‘n Afskrif hiervan is in Ouma Granny’s Huis te sien (oop Vrydaeoggende). Navrae 873-4710.



More News
  • Om die braaivleisvuur met Jan Braai
  • Versoeningsfees met fakkelloop
  • Iets spesiaal vir die beste braai denkbaar
  • Bok-fever strikes Paarl as Rugby kicks off
  • Hoe keer ’n gevangene terug na die gemeenskap?
  • Mr Winelands aangewys
  • Vreugde ná eerlikheid met vol beursie
  • Horses on gentle gallop to recovery
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za