Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Klok lui weer na 60 jaar

Klok lui weer na 60 jaar
 
2006-09-21


DIE ou kerkklok wat vroeër jare ’n kenmerk was van Pniel, sal Sondag na ’n afwesigheid van bykans 60 jaar weer deur die dorp weergalm.

Dié bekende klok het aan die sytak van ’n reuse akkerboom op die dorpsmeent gehang kort nadat die Apostoliese kerk in 1843 gebou is.

Pniel het sy bestaan te danke aan die afskaffing van slawerny in 1834, toe daar grond geskenk is om ’n kerk te bou.

Die slawe van die omgewing het hulself op dié grond gevestig wat in daardie tyd bekend gestaan het as Papiermolen en Zilwermyn.

Behalwe om die kerkdienste aan te kondig, is die klok ook gelui tydens begrafnisse, vir die aankondiging van bidure en geboortes en in die geheel om die dorpenaars bymekaar te roep.

Deur die jare het die boom die bekendste baken in die dorp geword waar mense ontmoet het, besigheid gevoer is en skuiling gesoek is tydens stormweer en versengende hitte.

Die tak waaraan die klok gehang het, is omstreeks 1945 afgeruk tydens ’n storm. Toe die klok die grond tref, het hy gekraak.

Die klokboom is intussen deur ’n klok-toring vervang wat langs die kerk gebou is, en die oorspronklike klok het spoorloos verdwyn.

Die ou klok was egter so deel van die geskiedenis van die dorp, dat die dorpenaars besluit het om dit op te spoor.

Uiteindelik is dit by Rhodes Fruit Farms se hoofkantoor op die plaas Goede Hoop gevind, en na onderhandelinge het die bestuur ingestem om dit aan die dorp terug te besorg.

Aangesien die reuse akkerboom nie meer bestaan nie, is ’n kloktoring nou op die meent gebou waar die klok sal hang. Dit is opgerig deur Boschendal Bpk.

Die klok word Sondag, op Erfenisdag, ingehuldig tydens die erediens by Pniel Congregational Church.

Die viering sal gepaard gaan met optogte en koorsang, asook opvoerings wat die geskiedenis van die klok uitbeeld, en die onthulling van die gedenkplaat deur Chris Nissen, uitvoerende voorsitter van Boschendal Bpk.

* The old church bell of Pniel will once again toll during Heritage weekend after an absence of 60 years.



More News
  • Om die braaivleisvuur met Jan Braai
  • Versoeningsfees met fakkelloop
  • Iets spesiaal vir die beste braai denkbaar
  • Bok-fever strikes Paarl as Rugby kicks off
  • Hoe keer ’n gevangene terug na die gemeenskap?
  • Mr Winelands aangewys
  • Vreugde ná eerlikheid met vol beursie
  • Horses on gentle gallop to recovery
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za