Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Donkie-saamtrek

Donkie-saamtrek
 
2006-10-05


OUDSTUDENTE van die Sending Instituut waar sendelinge op Wellington opgelei is (bekend as die “Donkies”), hou van 10 tot 12 Oktober reünie by die Hawekwa-kampterrein buite Wellington. Sowat 60 mense word verwag.

Dis lank reeds in kerklike kringe bekend dat die benaming “Die Donkies” ‘n erenaam vir studente aan die destydse Sending-Instituut was.

Dit word vertel dat die benaming sy oorsprong by wyle dr Andrew Murray, een van die stigters van die Sending-Instituut, gehad het met verwysing na die Lukas 19:30-37 waar Jesus van ‘n donkie gebruik gemaak het by Sy intog in Jerusalem.

Murray het gesę die sendelinge moet die “Donkies wees wat Christus die węreld indra.” Vandaar dan die naam Donkie.

Hulle spore lę oor baie lande van die węreld – van Sri Lanka, oor die hele Afrika tot in Europa.

Ten spyte daarvan dat die sendingopleiding te Wellington reeds in 1962 gestaak is en dit by die verskillende teologiese kweekskole voortgesit is, het daar ‘n besonderse broederskap tussen die oudstudente bly voortbestaan.

Vir navrae kan Hedwig Moore by 873-7134 of info@clf.co.za gekontak word.



More News
  • Om die braaivleisvuur met Jan Braai
  • Versoeningsfees met fakkelloop
  • Iets spesiaal vir die beste braai denkbaar
  • Bok-fever strikes Paarl as Rugby kicks off
  • Hoe keer ’n gevangene terug na die gemeenskap?
  • Mr Winelands aangewys
  • Vreugde ná eerlikheid met vol beursie
  • Horses on gentle gallop to recovery
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za