Weg-motor kom terug
2006-10-05
DIS nie aldag dat ’n mens bly is as jou voertuig gesteel is nie. Maar in die geval van Ronald Brand, VF+ stadsraadlid van Drakenstein, was dit ’n bedekte seën.
Brand se bakkie is einde Augustus helder oordag voor sy kantoor te Hoofstraat 82 in die Paarl gesteel.
Alhoewel die polisie se hulp vinnig ingeroep is en ’n wye soektog in die Drakenstein gebied na die voertuig geloods is, het die bakkie soos ’n groot speld verdwyn.
Ronald moes tien dae na die diefstal noodgedwonge sy hand diep in sy sak steek om ’n nuwe bakkie te koop, want sy bakkie was nie verseker teen diefstal nie.
Net voordat die kooptransaksie beklink is, het hy ’n oproep uit Prins Albert ontvang.
Dit was polisie-inspekteur George du Toit wat hom uitgevra het oor kenmerkende aspekte van sy gesteelde bakkie.
Insp Du Toit het later vir Ronald gesê dat hy oortuig is dat ’n bakkie waarop hulle beslag gelê het die einste gesteelde voertuig van Ronald is.
Ronald is summier Prins Albert toe en die bakkie was inderdaad die een wat voor sy kantoor gesteel is. Insp Du Toit het verduidelik dat hulle ’n roetinepadblokkade op die N1 naby Beaufort-wes gehou het, waar ’n oplettende polisiebeampte agtergekom dat die lisensie skyfie teen die voorruit vervals is.
By nadere ondersoek is daar vasgestel dat al die enjinnommers afgeskuur is en vervalste nommers en nommeplarte aangebring is.
Die vermeende dief van Khayelitsha in hegtenis geneem, maar nie voordat hy ’n polisiebeampte met R500 probeer omkoop nie.
Nie net het die flink werk van die polisie vir Brnad duisende rande se uitgawes op ’n nuwe bakkie gespaar nie. Boonop het dief die moeite gedoen om twee nuwe skok-brekers te installeer, asook nuwe rubberomhulsels vir die ruite.
“Ja-nee, ek kan nie kla nie,” sê ’n tevrede Brand.
* A Paarlite's stolen vehicle was recovered during a road block in Beaufort West.
More
News
|