Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Danie trap 4000km vir welsynshulp

Danie trap 4000km vir welsynshulp
 
2006-10-12


DIE Wellingtonner wat fondse vir welsyn insamel deur fiets te trap, het onlangs teruggekeer van Europa.

Danie Nel, chemiese ingenieur wat sy hoogs gespesialiseerde werk verruil het om gesondheidskruie te produseer, het besluit hy wil ‘n miljoen rand probeer insamel vir Welvisi deur onder meer aan die Cyclemania fietsrit van Parys na Istanboel deel te neem.

Welvisi werk ten nouste saam met die Wellington Gemeenskap om alle rolspelers in die welsyn en ontwikkelingsveld in die Wellington area te betrek in ‘n gemeenskaplike projek sonder om eie identiteit prys te gee. Dit sluit in organisasies soos ACVV, Badisa, Arendsnes straatkinderprojek, Wamakersvallei Opleidingsentrum, Cabsa, Cansa, Amos en die Andrew Murray kinderhuis.

Op die 57 dae van trap en trap het die fietsryers die Rad-Wanderweg fietsroete gevolg, met een voertuig wat hulle gevolg het met die kampgeriewe.

Saans het die moeës nog moes kamp opslaan, elkeen in ‘n klein eenmantent en kom wat wil, reën of sneeu, die volgende oggend vroeg opstaan om die nuwe dag aan te pak.

Hulle het ‘n totaal van 4000km vanaf Parys, via Wenen, Bratislava al langs die Donau tot by Budapest en Bucharest tot by Istanbul.

By Istanbul is die uitgeputte fietsryers verwelkom deur plaaslike fietsryers met ballonne, asook TV kameras en fotograwe.

Danie se fiets is langs die pad gesteel en hy moes ‘n fiets huur om die roete te voltooi.

Danie het almal bedank wat hom gesteun het op die tog. Elke rand waarmee hy geborg is, word direk oorbetaal aan Welvisi.

“Die verhoogde profiel van die welsynsorganisasies en sensitiwiteit by die Wellington gemeenskap teenoor die nood in ons omgewing, is net so ‘n belangrike resultaat as fondse wat ontvang is. Daarvoor is ek dankbaar.”

Om by te dra, kontak Danie by 872-4976 or danien@afriplex.co.za.



More News
  • Om die braaivleisvuur met Jan Braai
  • Versoeningsfees met fakkelloop
  • Iets spesiaal vir die beste braai denkbaar
  • Bok-fever strikes Paarl as Rugby kicks off
  • Hoe keer ’n gevangene terug na die gemeenskap?
  • Mr Winelands aangewys
  • Vreugde ná eerlikheid met vol beursie
  • Horses on gentle gallop to recovery
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za