Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Norval wag vir bed

Norval wag vir bed
 
2006-10-12


DIE vermeende ‘dolk-moordenaar’, Clifford Norval, se hofsaak is verlede week vir die derde agter eenvolgende keer uitgestel, omdat die Staat steeds nie vir hom ’n bed kan gee by Valkenberg-hospitaal nie.

Norval, wat aangekla word van die moord op straatwerker Ellenor Leander (52) op 1 April vanjaar, is twee maande gelede vir waarneming na Valkenberg verwys, maar daar is tans nie plek vir hom in die inrigting nie.

Norval beweer dat hy geen kennis dra van die gebeure van die noodlottige aand, toe Ellenor negentien keer met ’n ornamentele dolk gesteek is nie, en dus kan hy nie rekenskap van die gebeure gee nie.
Ellenor se liggaam is vanuit Norval se ouer-huis tot in Aurorastraat, Denneburg, gesleep.

Die saak is uitgestel tot 30 Oktober.



More News
  • Om die braaivleisvuur met Jan Braai
  • Versoeningsfees met fakkelloop
  • Iets spesiaal vir die beste braai denkbaar
  • Bok-fever strikes Paarl as Rugby kicks off
  • Hoe keer ’n gevangene terug na die gemeenskap?
  • Mr Winelands aangewys
  • Vreugde ná eerlikheid met vol beursie
  • Horses on gentle gallop to recovery
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za