Baba in veld gelaat
2006-10-12
DIE polisie op Klapmuts is op soek na die ma van ’n pasgebore baba wat in ’n veld in Klapmuts gelaat is.
’n Voetganger het Saterdagoggend, 25 September, omstreeks 06:30 op die baba afgekom in ’n oop stuk veld in Merchantstraat.
Dit lyk asof die baba deur die nag gebore is en is sonder enige klerasie of beskutting op die grond agtergelaat.
Die baba-dogtertjie is na die polisie op Klapmuts geneem waarna sy oorgeplaas is na die Stellenbosch hospitaal.
Enigiemand met inligting omtrent die baba kan vir speurkonstabel Phakamile Gwanya skakel by 875-5555 of 083-383-0782.
* A naked baby was found abandoned in Klapmuts.
More
News
|