Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Frank de Villiers sterf

Frank de Villiers sterf
 
2006-10-12


SLEGS ses weke na die dood van sy enigste broer, Jock, het Frank de Villiers (77) van Chevestraat, Paarl, verlede week aan hartversaking gesterf.

Frank het soos Jock (80), saam met hul oupa en pa en later alleen, in die bekende meubelwinkel in die Paarlse Hoofstraat besigheid gedoen.

Dié winkel, wat in 1842 as JH Retief negosiewinkel sy deure geopen het, het vyf jaar gelede gesluit toe Jock die grond verkoop het.

Frank en sy vrou, Hannatjie, het by hul seun Daan in Hartebeespoort gekuier toe hy verlede week oorlede is.’n Roudiens is gister, op sy verjaardag, vir hom daar gehou.

Hy word ook oorleef deur ’n tweede seun, Sakkie, van Pelgrimsrus, asook vyf kleinkinders.

Die gesin beplan om later ’n gedenkdiens in die Paarl te hou, waar Frank ’n bekende winkelier was, en tot onlangs ’n voorste rolbal-speler.



More News
  • Om die braaivleisvuur met Jan Braai
  • Versoeningsfees met fakkelloop
  • Iets spesiaal vir die beste braai denkbaar
  • Bok-fever strikes Paarl as Rugby kicks off
  • Hoe keer ’n gevangene terug na die gemeenskap?
  • Mr Winelands aangewys
  • Vreugde ná eerlikheid met vol beursie
  • Horses on gentle gallop to recovery
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za