Tiener sterf
2006-10-12
’n VYFTIENJARIGE leerling van Hoërskool Labori, Anthony Struwig, het op Dinsdag 26 September gesterf toe hy hom aan die agterdeur van sy ouerhuis in Saldanha opgehang het.
Hy was die afgelope twee jaar ’n gewilde koshuisleerling van die skool se Huis Theo Pauw en het goed gevaar op skool.
Anthony het briewe aan sy ouers en vriende agter-gelaat.
Hy word oorleef deur sy ouers, Johan en Ida, asook twee ouer broers en ’n ouer suster.
More
News
|